Dis mos Groepwerk!
Die Gr.9 Afrikaanse klas het met ‘n pragtige poging van
spanwerk vorendag gekom met ‘n taak wat ‘n toespraak, nuwe verkeersreëls
en bouplanne ingesluit het. Die
leerlinge het saam ‘n plan beraam om die skool op te knap deur ‘n nuwe
parkeeringsarea op te rig. Bouplanne, verkeerstekens en ‘n navorsingstaak was
ingehandig. Hulle het werklik uitstekende navorsing gedoen en tot op die sent bereken wat die boukostes sou
uitwerk. As groep wil hulle net baie dankie sê vir hul juffrou, Mev. M.
Jamneck, se ondersteuning en bystand.
No comments:
Post a Comment